
Wie is Pastoor Stephen Kuhn
Stephen is gebore en het gematrikuleer in die pragtige Mosselbaai. Vandaar is hy na die Lugmag in Pretoria vir twee jaar waarna hy sy Teologiese studies voltooi het by die AGSTK. In daardie tyd ontmoet hy vir Heila wat vir een jaar besig was in die Jeug Aksie van die AGS Kerk. Dit was liefde met die eerste oogopslag en hulle is getroud met 3 kinders. Hulle eerste Gemeente was in Swakopmund 1982. Daarna bedien hulle die AGS Gemeentes in Walvisbaai waar die Here hulle seën met ‘n geestelike herlewing wat ‘n geestelike impak gehad het op die land van Namibië. Hulle bedien ook die Gemeentes in Sasolburg, Despatch en Swellendam en begin twee nuwe gemeentes in Patterson en Hermanus. In hierdie tyd het Stephen deur sy Bybel skole baie mense bereik. Die egpaar beleef geestelike uitbranding en gaan vestig hulle in Bredasdorp waar hulle ‘n besondere tyd van geestelike verryking beleef en waar die Evangelie van Paulus hulle op ‘n nuwe pad sit. Die openbaring van die verborgenheid, waarvan Paulus praat en die oorvloedige Genade van die Nuwe verbond word sy Evangelie. Hulle word beroep na ‘n interkerklike Gemeente in George, waar hulle later die interkerklike KruisKerk Gemeente begin. Kerk sonder mure en Kerk sonder godsdiens. Hulle smelt ook later saam met ‘n tweede Gemeente en beleef tans groot guns by die gemeenskap. In hierdie tyd voltooi Stephen sy doktoraal in Nuwe Testament Teologie, spesifiek die Pauliniese teologie. Hy was op ‘n stadium aktief betrokke in radio en televisie en deur sy Bybel skool kursusse bereik hulle Afrikaanse mense van oor die wêreld, deur sy Whatsapp groepe. Uitgebrand in godsdiens en vrygemaak van godsdiens deur die openbaring van die verborgenheid waarvan Paulus praat, verkondig Stephen die dieper In-Christus Evangelie soos deur Paulus in sy briewe bekend is. Hy skryf ‘n paar boeke, The mystery of the deeper Christlife, Die Jesus Rewolusie ,Altyd Geregverdig en Vrygemaak van die Wet. Stephen tree ook gereeld op as spreker by Kerk kampe en sy YOUTUBE uitsendings bereik tans baie mense met die Goeie Nuus dat Christenskap nie ‘n godsdiens is nie, omdat Jesus Christus nie ‘n godsdiens is nie, maar Nuwe Lewe. Tans beleef Kruiskerk gemeente die guns van die Here met ‘n wolkvan getuies wat bevestig dat die Goeie Nuus van die In-Christus Evangelie talle mense wêreldwys se lewens verryk.
Ons Kerk


Vroue Bediening
‘n Vrou verstaan darem net ‘n vrou se hart! Ons bediening hou gereeld geleenthede waar vroue op unieke maniere saam ons lewens as God se dogters vier en ook ‘n impak maak in God se koninkryk.

Ons Misie
Christus alles in almal. Ons opregte begeerte is dat die hart van die Vader uitgestal sal word in ons bediening.

Klein groepe
Ons bediening sal graag elke gemeentelid in ʼn kleingroep wil sien. Dan weet ons jy het ʼn plek waar jy behoort, kan groei en gekoester kan word.
Kerk aan die werk
…
Johannes 3:16
Liefde
Johannes 1:17
Genade
Johannes 14:27
Vrede
Psalm 46:11
Stil Wees