
Wie is ons
…
KruisKerk in George is ‘n interkerklike Gemeenskap van gelowiges bestaande uit ‘n besondere klomp Christus bevatters. Ons is Kerk sonder mure omdat ons van oor die wêreld gelowiges het wat hulleself as deel van KruisKerk beskou en omdat ons die Kerk van Christus eer met al sy fasette, in plaas van een spesifieke denominasie. Ons is ook Kerk sonder godsdiens, omdat Christus nie ons godsdiens is nie, maar ons Lewe.
Ons fokus nie op allerlei godsdienstige metodiek en strukture nie, omdat ons die Kerk van Jesus Christus sien as ‘n lewende organisme, naamlik die Liggaam van Christus op aarde. Ons leef vry van godsdienstige strukture omdat ons die Lewe van Christus in ons beleef as die natuurlike Lewe om spontaan te leef sonder metodes. Ons verstaan geestelike bediening as ‘the overflow of Christ in us.” Dit is nie kunsmatig nie en het ook nie enige metodiek of leierskap model nodig om suksesvol te funksioneer nie.
Ons verstaan Christenskap as Christus intiem eerder as kerk aktief. Ons visie en missie kan in een sin opgesom word: Christus alles in almal. Ons opregte begeerte is dat die hart van die Vader uitgestal sal word in ons bediening. Ons word nie gelei deur een of ander kerklike model nie, maar glo in verhouding waar ons mekaar aanmoedig om te wees wat ons Vader bedoel het ons moet wees.
Ons vertrou dat ons wêreldwyd gelowiges sal bereik wat uitgebrand het in godsdiens en die institusie, wat kerkmoeg is en Bruidsgereed is vir die dieper In-Christus Evangelie van Paulus.
Message Parafrase: Matthéüs 11:28 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me–watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you.Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”
Wat ons doen
…
Pad saam met Christus
Psalm 37:3-5 “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”
Gehoorsaam aan die Heilige Gees
Die Gees begelei jou en maak God se bedoeling aan jou duidelik in Sy Woord, in die natuur, deur mense, deur omstandighede ens. Wanneer God se Gees in jou woon, begelei Hy jou. Hy is jou raadgewer (Lees Joh.14:16).
Sleutels to die Heumel
Romeine 10:9 “Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. ”
Leer God se Woord
Johannes 1:1-2 “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.”
Lewe ten volle
1 Petrus 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. God belowe om vir ons te sorg.”
Reik uit
Matteus 28:19 “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.”
Leer ons ken
…
Stephen Kuhn
Pastoor
Heila Kuhn
Vroue Bediening
Michael Lindt
Aanbiddings Leier
Volg binnekort
Jeug Leier